Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps25:12-13 ‘Wie is die een wat die Here dien? Hy sal hom wys watter pad hy moet kies. Hy sal in voorspoed lewe, en sy nageslag sal die beloofde land beërwe.’ NLV
Dankie Vader God, vir die belofte, aan ons wat U eer en dien. U wys my watter pad om te kies. Dié pad, wat my voorspoedig sal maak en die beloofde land sal laat erf.
