Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps. 36:9 ‘In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.’ AOV
Dankie, Vader God, ek is U kind, ek geniet die oorvloed en drink uit U goedheid en plesier.
