Koninklike Identiteit 16/09/2023

Ons vorm ons identiteit uit ’n wêreldse oogpunt deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is God se kinders, prinse en prinsesse in Sy Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 47:2-3 – Hy is die Allerhoogste, God en Koning van my lewe! – Ek juig, sing en klap my hande tot eer van U!

Ps 55:23 – Hy sorg baie goed vir Sy kinders – U neem my kommer weg, ek vertrou U!

Dankie Vader God, U is groot en getrou, ek vertrou en eer U! U sorg baie goed vir my en neem my kommer weg. Respek begin by my en my huis en kring uit na die volk.