Koninklike Identiteit 13/05/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 34:10 ‘Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.’ AOV (vrees = ontsag, eer, respek)

Vader God, ek, as U kind ly geen tekorte nie! U kinders eer U en is geseënd! Ek loof en prys U goedheid!