Koninklike Identiteit 13/01/2024

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 91:15 “Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.”

Vader God, U hoor my, is by my, red my en eer my! Ek dank en prys U. U is getrou!