Koninklike Identiteit 10/06/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 36:8 ‘Hoe kosbaar is u goedertierenheid (troue liefde, trou), o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.’ AOV

Dankie Vader God, dat ek onder die vleuels van U troue liefde kan skuil.