Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 8:7 ‘U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:’ AOV
Vader God, U het ons mag, outoriteit, gegee om oor alles op die aarde te heers! Dankie Vader, vir U vertroue in my. Help my asseblief met die verantwoordelikheid.
