Koninklike ID 25/06/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk . Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Gen 1:26 ‘En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.’ (AOV)

Nie alleen is ons na God se beeld geskep nie, maar ons is ook aangestel om oor all die visse, diere, voëls en die aarde te heers!

Dankie Vader, vir U vertroue in my. Dankie dat U my die nodige vermoëns gegee het. Help my asseblief om tot U eer te heers, begin met my eie lewe.