Koninklike ID 24/12/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens: Samevatting:

Ps1:1-2 – Die verse sê dat die een wat sy vreugde in God se woord vind, dit oordink en daarvolgens leef, geseënd is. Wat ‘n voorreg om só te kan leef en dan ook geseënd te wees!

Ps1:3 – Die persoon wat in God se Woord geplant is, word vergelyk met ‘n boom wat langs ‘n standhoudende rivier geplant is; vrugbaar, lewendig en suksesvol. Ek is in ‘n verhouding met U, my Standhoudende Rivier.

Ps1:6 – U waak oor my pad! Ek is regverdig (vrygemaak) deur die voltooide werke van Jesus op die kruis.

Dankie, Vader God; ek is bevoorreg, suksesvol en vrygemaak. U waak oor my en seën my!