Koninklike ID 23/07/2022

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Gen 1:29 ‘Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees.’ (ANV)

God het van die begin af gesorg dat daar vir ons kos sal wees. Dankie Vader, vir U liefde, perfekte beplanning en omgee. Ek loof U vir U getroue voorsiening aan ons!