Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk . Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Gen 1:27 ‘En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.’ (AOV)
God het ons na Sy beeld geskep, Hy is Gees. Ons is ‘n gees, met ‘n siel en bewoon ‘n liggaam. (1 Tess5:23; Johan6:63) Ons liggame is geskep om óf manlik óf vroulik te wees. Dankie, Vader God, dat U ons so uniek geskep het.
