Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 8:4-5 ‘As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— 5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?’ AOV
God het alles geskape, my ook! God gee aan elkeen van ons aandag! Dankie Vader God, dat U aan my dink en in my woon (Ons leef na die kruis). Dit is asemrowend!
