Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is Koninklikes!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Gen 1:26 ‘En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.’ (AOV)
Ek is na God se beeld en gelykenis geskape. God is Gees, daarom is my gees net soos God se Gees! Amen, dit is wonderlik! Dankie, Vader God.
