Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Samevatting: Slegs twee verse uitmekaar herhaal God dieselfde belofte en ek is vry van vrees!
Deut31:6
Ek is vol moed en vrees nie, want my God het belowe om my nooit te verlaat of in die steek te laat nie. Baie dankie, Vader God vir U getrouheid!
Deut31:8
Die Here gaan voor my uit! Ek het geen rede om bang of mismoedig te wees nie! Hy belowe hier weereens om by my te wees, altyd! Dankie, Vader God, U is getrou en hou U beloftes tot in ewigheid.
