Koninklike ID 1/10/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Rigters6:12  ‘En die Engel van die HERE het aan hom (Gideon) verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!’ AOV

God het Gideon geroep en hom aangespreek as ‘n dapper held al het hy geensins so gevoel nie.

Dankie Vader God, dat U my anders sien as ek my self sien, dankie dat U altyd by my is en my dapper en sterk maak vir U Koninkryk.