IDin Christus 28/05/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Opsomming uit Johannes:

  • God se liefde vir my het Jesus na die wêreld toe gestuur, sodat ek gered kan word! Dankie, Vader God, vir U liefde! Joh3:17
  • Ek het die ewige lewe saam met God en Jesus, want ek glo in Jesus en vertrou op God die Vader. Joh5:24
  • Jesus het gekom, sodat ons, Sy navolgers (dissipels) lewe in oorvloed kan hê. Dankie Jesus, dat U vir my ‘n lewe van oorvloed beplan het.Joh 10:10
  • Jesus is my Herder (Skaapwagter) en ek is een van Sy skape. Hy het Sy lewe vir my afgelê, daarom is ek vry van my sonde-skuld en kan ek vry (regverdig) voor God staan. Joh10:11