Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Gal 2:16 ‘terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig (vryespreek) word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.’ (AOV)
Dankie Jesus, dat ons regverdig is deur geloof in U. Dankie dat ons sonder sonde voor God kan staan. Jesus, deur U is ons vry en regverdig voor God.
