Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk . Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Gen 1:27 ‘En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.’ (AOV)
Die doel van verskillende geslagte is voortplanting binne die huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou. Dankie Vader God, vir U wysheid en seën. Help ons asseblief om U instellings te respekteer. Sien ook Gen2:24; Mrk10:7; Ef5:31.
