Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Joh 17:15 ‘Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.’ (AOV)
Jesus het tot God gebid, dat ek van die bose bewaar word. Dankie Jesus, vir U gebed van beskerming en Vader God vir die beskerming.
