ID in Christus 5/06/2020

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 3:24 ‘en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.'(AOV)

Ons verdien nie om geregverdig (vrygestel) te word nie, dis deur God se genade dat ons verlossing ontvang in Christus. Dankie Jesus dat U ons sondelas op U geneem het!