ID in Christus 4/12/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:14 ‘Dit wat Christus Jesus gedoen het, het tot gevolg dat ook die nie-Joodse nasies deel kry aan Abraham se seën. Dit beteken dat ons deur die geloof die Gees wat belowe is, ontvang.’ (NLV)

Ek glo in Jesus Christus se voltooide werk op die kruis, daarom is ek geseën met dieselfde seëning as Abraham en ek het ook die Heilige Gees deur geloof ontvang.