Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Opsomming uit Johannes:
- Jesus Christus het vir my die ewige lewe gegee en niemand sal my uit Sy hand ruk nie! Joh 10:27-30
- Ek het God se liefde in my! Daarom kan ek Jesus se opdrag uitvoer en ander lief hê. Dankie Jesus, dis wonderlik om mense lief te hê! Joh13:34
- Ek leef God se liefde uit, dus kan almal sien ek is ‘n volgeling (dissipel) van Jesus. Joh13:34-35
- Jesus noem my Sy vriend, want Hy deel wat Sy Vader sê, met my! Dankie, Jesus, ek waardeer die vertroue. Here, maak my getrou om u woord reg met ander te deel. Joh15:15
