ID in Christus 30/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

JOHANNES 15:16 ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.’ (NLV)

Ek is gekies om vrugte te dra wat sal hou!

Ek kan enige iets in Jesus se Naam vra en dit kry! (Luk11-13; Mrk11:24)

Dis ontsaglik wonderlik! Dankie Here.