ID in Christus 27/09/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 3:12 ‘In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.’ (ANV)

Deur ons geloof in Jesus kan ons in vrymoedigheid en met vertroue tot God nader. Jesus het vir ons sondes betaal en ons is regverdig voor God.

Gaan klim op jou hemelse Pa se skoot! Gee Hom ‘n drukkie.