ID in Christus 26/03/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 10:11 ‘Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.’ (AOV)

Jesus is my Herder (Skaapwagter) en ek is een van Sy skape. Hy het Sy lewe vir my afgelê, daarom is ek vry van my sonde-skuld en kan ek vry (regverdig) voor God staan.