ID in Christus 26/02/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’ (AOV)

Ek het die ewige lewe saam met Christus omdat ek in Jesus Christus glo. God wil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie. Daarom het Hy Sy Seun gegee, om jou en my sondeskuld te betaal. Dit is jou keuse! Het jy Jesus as jou Verlosser aangeneem? Doen dit asseblief nou.