ID in Christus 25/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal1:4 ‘Net ‘n paar skyngelowiges het daarop aangedring. Hulle het die byeenkomste binnegesluip om te kom spioeneer op die vryheid wat ons in Christus Jesus het. Hulle doel was om ons weer slawe te maak.’ (NLV)

Dankie, Jesus, dat U my bevry het van die slawerny van sonde en die wet. Ek is vry in Jesus Christus!