Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Kol 1:20, 21 ‘en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. 21 Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.’ (ANV)
Deur Jesus se bloed en dood aan die kruis, het God vrede gemaak met ons. God het ons met Homself verenig. Jesus het ons sondeskuld betaal, ons kan en mag met vrymoedigheid tot God nader. Dankie Jesus!
