Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Joh 15:15 ‘Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.'(AOV)
Jesus noem my Sy vriend, want Hy deel wat Sy Vader sê, met my! Dankie, Jesus, ek waardeer die vertroue. Here, maak my getrou om u woord reg met ander te deel.
