Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
1Pet2:24 ‘Hy het self ons sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur Sý wonde is julle genees!’ (NLV)
Jesus het ons sonde in Sy liggaam gedra op die kruis! As gelowiges is ons vry van die sondelas, Jesus het die prys betaal. Dankie Jesus!
