ID in Christus 21/08/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Hebr 13:5 ‘Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.’ (AOV)

God het gesê Hy sal by ons wees. Daar is geen rede om te sukkel (finansieël) of alleen te voel nie. God het gesê Hy sal ons nie verlaat nie.

Dankie Vader, dat U altyd by my is en vir my sorg!