Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Opsomming uit Johannes:
- Ek glo in Jesus, ek het Hom aangeneem as my verlosser, daarom is ek ‘n kind van God! Joh1:12
- God het my lief, só lief, dat Hy nie wil hê dat ek vir ewig verlore gaan nie! Joh3:16
- God het my so lief, dat Hy Sy Seun gegee het, sodat elkeen, ek ook, wat in Jesus glo die ewige lewe saam met Hom sal hê! Joh3:16
- Ek het die ewige lewe saam met Christus, omdat ek in Jesus Christus glo. God wil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie. Daarom het Hy Sy Seun gegee, om jou en my sondeskuld te betaal. Dit is jou keuse! Het jy Jesus as jou Verlosser aangeneem? Joh3:16
