Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
2Kor 5:17 ‘Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.’ (AOV)
Ek is in Christus! Daarom is die ou ek dood en leef ek nou vanuit my nuwe gees wat splinternuut is in Christus.
