Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Kol 2:12 ‘Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het. ‘ (ANV)
Met jou waterdoop bevestig jy dat jy saam met Jesus gesterf het vir die sonde en as nuwe mens saam met Hom opstaan in ‘n nuwe lewe vry van sonde met ‘n nuwe sonde vrye natuur in Hom. Dankie Jesus dat my sondige natuur saam met U gesterf het!
