Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Gen 1:27 ‘En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.’ (AOV)
God is Gees. Ek is na God se beeld geskape. Ek is eerstens gees, dan siel(denke, wil, emosie) en ek het ‘n liggaam.
