Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Psa 139:14 ‘Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.’ (ANV)
Dankie Vader, dat U my só wonderlik gemaak het, dit is ‘n raaisel (onbegryplik) vir my verstand!
