ID in Christus 17/04/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

‘n Opsomming uit die Korintiërs Briewe (Deel 1)

  • Ek is heilig, op sy gesit vir Christus! 1Kor1:2
  • Ek is in Christus – vry, heilig en verlos! 1Kor1:30
  • Ek is een in gees met Christus se Gees – Hy woon in my! 1Kor6:17
  • Ek is duur gekoop – Ek is met Jesus se bloed vrygekoop! 1Kor6:20
  • Ek leef in oorwinning deur Jesus Christus en versprei Sy geur van kennis! 2Kor2:14