ID in Christus 16/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 2:20 ‘Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.’ (AOV)

Hoe wonderlik om te kan sê, ek is saam met Christus gekruisig en dat Hy nou in my leef! Dankie Jesus, vir U opofferings en liefde.