ID in Christus 16/08/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 1:11 ‘ in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, ‘ (AOV)

Ek is ‘n erfgenaam! Ek het ‘n erfdeel ontvang in Christus, soos ‘n kind ge-erf van God my Vader. Dankie Vader, ek is so bevoorreg.