ID in Christus 16/04/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 13:34-35 ‘ ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.’ (AOV)

Ek leef God se liefde uit, dus kan almal sien ek is ‘n volgeling (dissipel) van Jesus.