ID in Christus 15/05/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Filp 3:20 ‘Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,’ (AOV)

Dankie Vader, dat ek U ken en dat my burgerskap nie in hierdie wêreld is nie. My burgerskap is in Jesus Christus, op wie ek wag om my te kom haal.