ID in Christus 14/05/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 17:22-23 ‘ En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.’ (AOV)

Ek het Jesus se heerlikheid (glorie) in my. Jesus is in my en ek is in Hom, ons is een. Wow (sjoe). Dankie Vader God, U liefde is wonderlike.