ID in Christus 13/03/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 3:5 (4-6) ‘4 Dit is die vertroue wat ons op God stel, deur die bemiddeling van Christus 5 Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, 6 wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. ‘(NLV)

Ek is bekwaam deur wat Jesus gedoen het en deur die Gees kan ek ander bedien in die nuwe verbond. Dankie Jesus!