ID in Christus 11/07/2019

Ons verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 1:2 ‘aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!’ (AOV)

Paulus noem ons wat gelowige kinders van God is, heilig! (heilig = gewy of afgesonderd vir God) Hy spreek ook genade en vrede oor ons.

Dankie Vader dat ek heilig is en dankie ook vir die genade en vrede van God.