ID in Christus 10/04/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:21 ‘Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.’ (AOV)

Ek is geregtig (vrygespreek) deur Jesus wat vir my sondes gelei en gesterf en opgestaan het. Anders gestel: Jesus het sonde geword vir my, daarom is ek geregtig (vrygespreek) voor God!

Dankie Jesus, ek is geregtig voor God deur U!