Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Ef 1:10 ‘om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—’ (AOV)
Ek is verenig onder Christus as my Hoof (outoriteit). Dis ‘n wonderlike outoriteit om oor ons te hê. Christus se juk (outoriteit) is lig en liefdevol.
