Koninklike Identiteit 6/07/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:13 ‘in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,’ AOV

Ek glo, en my gees is nuut gemaak (2Kor5:17) en geseël met die Heilige Gees!

Prys die Here!

Koninklike Identiteit 29/26/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:11 ‘In Hom is ons ook as erfgename uitverkies, voorbestem volgens die voorneme van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur,’ AFR20

Deur wat Jesus gedoen het, het ek kind van God geword en ook ’n erfgenaam, toe ek Jesus as my verlosser aangeneem het. Dankie Vader God, ek is U kind.

Koninklike Identiteit 15/06/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:6 ’tot lof van die heerlikheid van sy genade, waarmee Hy ons in die Geliefde begenadig het.’ AFR20

Vader God, ek loof en dank U vir die genade van aanneming en guns wat ek deur Jesus Christus ontvang het. (Kyk ook na vers 5)





Koninklike Identiteit 8/06/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 1:5 ’Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê.’ NLV

Vader God, Jesus se kruisdood het my sondeskuld betaal. Ek het met my mond, verstand en hart verklaar, dat ek in Jesus glo. Daarom het U my aangeneem as U kind! (Rom10:9-10)

Koninklike Identiteit 1/06/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:4 ‘So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.’ ANV

Vader God, U het ons beplan om te lewe (heilig – opsy gesit) vir U. U het ’n doel vir my lewe gehad nog voordat die aarde geskep is. (Ps139)

Dankie vir die voorreg, om te kan kies om U leiding te ontvang en in ’n verhouding met U te kan leef.

Koninklike Identiteit 18/05/2024

Kom stem saam met die Woord oor jou identiteit as kind van God in Jesus Christus. 

Verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efesiërs 1:1 ‘Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus:AFR20

Hoor jy hoe groet Paulus die gelowiges wat glo in Jesus? As jy in Jesus glo, dan is jy heilig in Christus! Dit beteken jy is afgesonder van die wêreld vir Christus.

Dankie Vader God, ek, as gelowige kind van U, is heilig in Jesus Christus!

Koninklike Identiteit in 25/05/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:3 ‘Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,’ AOV

Vader God, ek loof en prys U! Dankie dat ek geseënd is met alle geestelike seëninge in Christus!

Is dit nie wonderlik nie, omdat ek in Christus glo, is ek geseënd met al God se seëninge!

Koninklike Identitiet in Christus 11/05/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

God het my lief (Joh3:16; Ef1:4)

Hy het my beplan, ek is nie ‘n las nie (Ps139:16)

Ek is God se skeppingswerk (Ef2:10)

Ek is ‘n kind van God (Joh1:12; Kol1:13)

Ek is verkies, aanvaar en aangeneem (Ef1:5)

Ek is verlos, heilig, geregtig (vry) en het wysheid in Christus (1Kor1:30)

Ek is vergewe (Ef1:7; Joh3:17-19)

Ek is sonder blaam, sonder oordeel (Rom8:1-2)

Ek het logiese denke (nie vrees nie), krag, liefde en selfbeheersing (helder en goeie verstand) (2Tim1:7)

Ek het God se genade en guns (Ef1:7; Luk2:14; Spr3:4; Ps23:6)

Koninklike Identiteit 4/05/2024

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps139:14-18

Vader God, U het my beplan en geskape, my geken voordat ek ‘n gedagte by my ouers was en elke dag van my lewe opgeteken in U boek, voordat ‘n enkele dag geskep was. Dankie vir U liefde en getrouheid.

Koninklike Identiteit 27/04/2024

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps139:1-13

Vader God, U ken my, elke tree, elke gedagte en woord. U is by my, U omvou my, U hou my hand vas en seën my. U is vir my, U verlaat my nooit nie! Amen. Dankie, Vader God.