Koninklike Identiteit 14/09/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:8-9 ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.’ AOV 1953

Amen! Dankie, Vader God, vir die groot geskenk! Deur U genade en my vertroue in U, skenk U my redding.

Koninklike Identiteit 07/09/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 2:7 ‘So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien.’ NLV

Jesus het God se goedheid en genade bewys. Dankie Vader vir U liefde, goedheid en genade vir my!

Koninklike Identiteit 24/08/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:5 ‘ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—’ AOV53  (Kyk na Ef2:1)

Ek is lewend gemaak saam met Christus, uit genade is ek gered van die ewige dood. Prys die Here!

Koninklike Identiteit 31/08/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:6 (5 … gered) ‘6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,’ AOV

Ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en laat sit in die hemel. Dankie Vader God!

Koninklike Identiteit 17/08/2024


Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs2:4 ‘Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.,’ ANV83

God is genadig en het my lief. Dankie Vader God, vir U liefde en genade vir my.



Koninklike Identiteit 10/08/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 1:19 ‘en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van Sy mag’ ANV83

Dankie Vader God, dis U skeppende-  en opstandingskrag wat ook vir my ’n nuwe gees gegee het en U krag werk deur my.

Koninklike Identiteit 3/08/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 1:18 ‘en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat Sy roeping bied, wat die heerlike rykdom van Sy erfenis vir die heiliges behels,’ AFR20

Gelowiges deel in Jesus se ryk erfenis. Dankie Vader, vir my heerlike erfdeel in Christus.

Koninklike Identiteit 27/07/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 1:18 ‘en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat Sy roeping bied, wat die heerlike rykdom van Sy erfenis vir die heiliges behels,’ AFR20

My hart (geestelike oë) is verlig en ek sien die hoop (verwagting, vooruitsig) van my erfenis. Dankie Vader God, U verlig my oë en ek behoort aan U.

Koninklike Identiteit 20/07/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 1:17 ‘Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, vir julle dit sal gee: geestelike wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan,’ AFR20

Vader God, ek dank U vir die gees van wysheid en insig wat my kennis en identiteit in Christus bevestig.

Koninklike Identiteit 13/07/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 1:14 ’Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.’ AFR20

Die Heilige Gees het my erfenis as kind van God gewaarborg, omdat Christus my vry gekoop het. Ek behoort, loof Vader God.