Koninklike Identiteit in Christus 12 Julie 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Kol 1:2 ‘aan die heilige en gelowige (getroue ANV83) broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!’ AOV 53

Ek is heilig in Christus en God se genade en vrede is my deel.

Koninklike Identiteit in Christus 5 Julie 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Filippense 4

Filp 4:4 – Ongeag tydelike omstandighede, verheug ek my altyd in Christus! Dit het ewigheidswaarde.

Filp 4:13 – Saam met Jesus is niks onmoontlik nie! (Mat19:26; Mark1:23; Luk18:27)

Filp 4:19 – God voorsien in al my behoeftes, want Jesus het dit verdien deur die kruis, dood en opstanding.

In die moeilikste omstandighede, is daar vreugde, want saam met Jesus is niks onmoontlik nie! Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit in Christus 28 Junie 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Filp 4:19 ‘En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.’ AOV 53

God voorsien in al my behoeftes, want Jesus het dit vir my verkry deur die kruis, dood en opstanding. Dankie Jesus! (Ps23:1-5)

Koninklike Identiteit 14 Junie 2025

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 4:4 ‘Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! ANV83

Ongeag tydelike omstandighede, verheug ek my altyd in Christus! Dit het ewigheidswaarde.

Koninklike Identiteit 7 Junie 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Filippense 3

Filp 3:3 – Ek maak nie op myself staat nie. Ek dien God in die Gees en ek vertrou op Jesus.

Filp 3:9 Ek glo in Jesus wat my verlos en vry maak van sondeskuld.

Filp 3:20 – Ek is ’n burger van die hemel, van waar Jesus Christus, my verlosser, sal kom.

Dankie Jesus! In U is ek volkome vry van sondeskuld!

Koninklike Identiteit 31 Mei 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Fil 3:20 ‘Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.’ ANV83

Ek is ‘n burger van die hemel, van waar Jesus Christus, my verlosser, is.

Konpnklike Identiteit 24 Mei 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Filp 3:9 ‘en een met Hom kan wees. Ek probeer nie langer my saak met God regstel deur die wet te gehoorsaam nie, maar deur in Christus te glo. Deur die geloof stel God ons saak met Hom reg.’ NLV

Ek glo in Jesus wat my verlos en vry gemaak het van sondeskuld. Dankie Jesus!

Koninklike Identiteit 17 Mei 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Filp 3:3 ‘Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.’ NLV

Ek maak nie op myself staat nie. Ek dien God in die Gees en ek vertrou op Jesus.

Koninklike Identiteit 10 Mei 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Filippense 2

Fil 2:5 – Ek dink soos Jesus! Sy Woord vorm my denke en gesindheid.

Fil 2:13 –Deur Jesus is ek gewillig en bekwaam om te doen wat God plesier.

Ek prys die Here, wat my denke en gesindheid vorm en my gewillig en bekwaam maak om Sy wil te doen!