Koninklike Identiteit 2/12/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 89:27 ‘Hy sal My aanroep met die woorde: ‘U is my Vader, my God, die rots wat my redding is.’ ANV

Dankie Vader God, dat ek U my Vader kan noem. U is my Rots en my verlosser.

Koninklike Identiteit 25/11/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 89:25 ‘My trou en liefde sal met hom wees, en deur my Naam sal hy oorwin.’ NLV

Vader God, dankie vir U liefde en getrouheid. In U Naam wen (oorwin) ek!

Koninklike Identiteit 18/11/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 89:17 “Geseënd is hulle wat U met vreugde dien, wat lewe in die lig van u teenwoordigheid, Here.” NLV

Dankie, Vader God, dis ’n voorreg en seën om in U lig te kan leef en U met vreugde te dien.

Koninklike Identiteit 11/11/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 68:20 “Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela.” ANV83

Vader God, U help my, U dra my! U is my getroue God! Ek prys U!

Koninklike Identiteit 4/11/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps65:12 U kroon die jaar met u goeie gawes; in u spore volg daar oorvloed.’ NLV

Dankie Vader God, U is ’n goeie Vader wat die jaar seën met alles wat goed is, en dit, in oorvloed!

Koninklike Identiteit 28/10/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 63:79  ‘As ek op my bed lê en aan U dink, … onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind, u regterhand hou my staande.’ NLV

Dankie Vader God, dat U my help en staande hou. Ek sing tot U, van onder U beskermde vleuels.

Koninklike Identiteit 21/10/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Psa 62:7-8 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. 8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God. AOV Vader God, U is my rots, my sterkte, my toevlug. Net saam met U kan ek stewig bly staan en sal aanslae my nie ontwortel nie

Vader God, U is my rots, my sterkte, my toevlug. Net saam met U kan ek stewig bly staan en sal aanslae my nie ontwortel nie.

Koninklike Identiteit 14/10/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps56:14 ‘Want U het my van die dood gered. U het my voete van struikeling bewaar sodat ek saam met God kan loop en kan lewe in sy lig.’  NLV

Dankie Vader God, U is die lig in my lewe, U rig my sodat ek nie struikel nie en deur Jesus het ek die ewige lewe by U!

Koninklike Identiteit 7/10/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Psalms 59:10 ‘My Sterkte, aan U wil ek vashou. Ja, God is my toevlugsoord.’

AFR20 Vader God, ek hou aan U vas. U is my beskermer waar ek veilig is, rus en krag vind. Dankie dat U altyd daar is vir my.  

Koninklike Identiteit 30/09/2023

Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 56:9 ‘U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?’ AOV

Sjoe, Vader God, dis te wonderlik om daaraan te dink! U weet presies waar ek gaan, U ken my emosies en bêre my trane! My lewe is in U boek opgeteken. (Ps139:16, Ef1:4) Dankie Vader, vir U liefde en omgee.